Eskom betaal miljarde terwyl kontantvloei krimp
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 22, 2025
- 1 min read
Eskom verloor glo geld teen ’n ontstellende tempo, met meer as tien miljoen rand aan raadsfooie en drie miljard rand aan oortydbetalings wat uitgekeer is. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het dié besonderhede in ’n parlementêre antwoord aan die EFF bekend gemaak. Volgens die energiekenner, Mohamed Madhi, is daar verskeie redes vir die hoë oortydbetalings, maar dit bly kommerwekkend. Die Openbare Beskermer en Tesourie sal moontlik verdere vrae oor Eskom se bestedingspatrone moet beantwoord. Intussen het Eskom aangekondig dat die kragstelsel stabiel bly en steeds veerkragtigheid toon in reaksie op verhoogde elektrisiteitsaanvraag. Alhoewel stelselbeperkings af en toe ervaar en bestuur word, is voldoende noodreserwes in plek en word dit strategies ontplooi om die aanvraag gedurende oggend- en aandspitstydperke te ondersteun. Eskom beplan om netwerkstabiliteit verder te verbeter deur ‘n totaal van tweeduisend-730 megawatt se opwekkingskapasiteit voor Maandag se aandspitstyd by die kragnetwerk te voeg.







Comments