top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom dreig met kragbeperkings vir Vrystaatse munisipaliteite

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 8
  • 1 min read

Updated: Mar 9

Vier Vrystaatse munisipaliteite se elektrisiteitsvoorsiening kan volgens Eskom moontlik beperk of afgesny word indien hul uitstaande skuld nie betaal word nie.


Volgens Netwerk24 het die kragvoorsiener kennisgewings uitgereik ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid.


Die munisipaliteite wat geraak word is Masilonyana, Ngwathe, Nala en Nketoa­na.


Eskom sê die munisipaliteite het in sommige gevalle vir minstens 18 maande versuim om hul rekeninge te betaal en voldoen ook nie aan die voorwaardes van die nasionale tesourie se skuldverligtingsprogram nie.


Die kragvoorsiener waarsku dat hy moontlik die grootmaat-elektrisiteitsvoorsiening aan die munisipaliteite kan verminder indien geen regstellende stappe geneem word nie.


Ter illustrasie. FOTO: ActionSA
Ter illustrasie. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page