Eskom Green is goedgekeur om hernubare energieprojekte te versnel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Eskom het die vereiste goedkeurings ontvang om Eskom Green as ’n volfiliaal te vestig wat befondsing vir grootskaalse hernubare energieprojekte kan insamel.
Die kragverskaffer sê die stap is ’n belangrike mylpaal in sy ontbondelingsstrategie en sal help om private beleggings deur middel van publiek-private vennootskappe te lok.
Eskom Green beoog om tot 32 gigawatt hernubare energiekapasiteit teen 2040 te ontwikkel, wat Suid-Afrika se energie-oorgang ondersteun, energiesekerheid versterk en groot elektrisiteitsgebruikers help om koolstofvrystellings te verminder.








Comments