Eskom Green wil ‘n deursigtige prysmodel vir hernubare energie bied
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 10
- 1 min read
Eskom sê Eskom Green sal kliënte ‘n deursigtige prysmodel vir hernubare energie bied.
Die nutsmaatskappy sê groothandel-elektrisiteitskoste sal direk aan kliënte deurgegee word sonder winsmarges. Netwerk-, kragwiele- en ander gereguleerde koste sal as aparte lynitems verskyn.
Eskom sê die benadering sal kliënte ‘n duidelike begrip gee van wat hulle betaal vir energieopwekking en wat hulle betaal vir die gebruik van die elektrisiteitsnetwerk.








Comments