top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom herinner oorblywende verbruikers om hul meters te herkodeer voordat dit te laat is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 30, 2024
  • 1 min read

Eskom herinner verbruikers om hul voorafbetaalde meters op te dateer voordat die verlengde sperdatum verbygaan. Dit kom nadat ongeveer een-komma-sewe-miljoen mense nie hul voorafbetaalde elektrisiteitsmeters herkodeer het nie, ondanks die sperdatum wat verlede Sondag was. Slegs vyf-komma-vyf-miljoen kliënte het daarin geslaag om hul meters te herkodeer met 400-duisend wat betalende kliënte geword het. Eskom het ‘n verlengde spertyd tot 13 Desember toegestaan om die oorblywende verbruikers die geleentheid te gee om elektrisiteitsbewyse te koop en hul meters te herkodeer. Kliënte word versoek om hul tokens so gou moontlik by die naaste wettige verkopers te koop en om te verhoed dat hulle tot die laaste minuut wag.

 
 
 

Comments


bottom of page