top of page

Eskom het sy plan vir regverdige energie-oorgang hersien

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Eskom het sy plan vir regverdige energie-oorgang hersien.

Die kragvoorsiener het gister aan die parlementêre Portefeuljekomitee oor energie en elektrisiteit gesê dat hy aan meer as 5 000 MW se projekte werk.

Dié projekte sal stelselmatig die steenkoolkragopwekking by ses van sy steenkoolkragstasies kan vervang.

Eskom sê kontrakte kan so vroeg as hierdie jaar reeds toegeken word vir die bou van 72 MW se sonkrag- en 150 MW se batterystelsels by die Komati-kragstasie in Mpumalanga.

 
 
 

Comments


bottom of page