Eskom loods hul eerste elektriese voertuie
- Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Eskom het hul eerste vloot elektriese voertuie bekendgestel. Die 20 elektriese voertuie sal in die Verspreidings- en Opwekkingsafdelings ontplooi word om bedrywighede te ondersteun en die voordele van e-mobiliteit in die land te demonstreer. Die nutsmaatskappy beplan ook om laai-infrastruktuur oor sy terreine uit te brei en 55 openbare laai-stasies vir elektriese voertuie oor die volgende twee jaar uit te rol. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is ‘n belangrike mylpaal in die maatskappy se reis na volhoubare vervoer en ‘n skoner energietoekoms vir alle Suid-Afrikaners.





Comments