top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom se 36% elektrisiteitstariefverhoging versoorsaak groot omstredenheid

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

Eskom se vir voorgestelde elektrisiteitstariefverhogings vir die volgende drie boekjare is oop vir openbare kommentaar. Volgens Primedia Plus wil die kragvoorsiener die tariewe vir direkte kliente, volgende jaar, met sowat 36% verhoog. Ná 'n verhoging van byna 13% hierdie April, het die nuutste voorstel van ‘n 36%-verhoging groot omstredenheid veroorsaak met 'n petisie wat deur die Demokratiese Alliansie (DA) geloods is om die verhoging te probeer keer. Luidens die konsultasiedokument wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) op sy webwerf gepubliseer het, beloop Eskom se inkomsteaansoek meer as 4-honderd miljard rand vir die 2026-boekjaar. Openbare verhore sal vir al nege provinsies vanaf November gehou word en NERSA beplan om sy besluit, met redes, in Maart volgende jaar te publiseer.

 
 
 

Comments


bottom of page