Eskom se hersiene ontbondelingstrategie is goedgekeur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 28 minutes ago
- 1 min read
Eskom verwelkom die minister van energie, Kgosientsho Ramokgopa, se goedkeuring van hul hersiene ontbondelingstrategie.
Die kragvoorsiener sê dit baan die weg vir die volgende fase van die skeiding van Eskom in afsonderlike entiteite onder ‘n nuwe houermaatskappy.
Die goedgekeurde struktuur sluit filiale in vir verspreiding, opwekking, hernubare energie asook die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika.
‘n Volledig onafhanklike Transmissiestelseloperateur sal buite Eskom geskep word om toesig te hou oor stelsel- en markbedrywighede.
Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê die stap is ‘n belangrike stap in die rigting van ‘n mededingende elektrisiteitsmark, verbeterde doeltreffendheid en groter beleggersekerheid.






Comments