Eskom se tariewe styg vanaf April
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 18
- 1 min read
Die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Eskom se tariefverhogings en struktuuraanpassings vir die 2025-boekjaar goedgekeur, en dit sal in April amptelik styg. Vanaf 1 April verhoog Eskom se tariewe vir direkte kliënte met 12,74%, terwyl munisipale tariewe vanaf 1 Julie met 11,32% styg. Volgens Nersa is die verskil van datums te wyte aan Eskom se finansiële jaar en munisipaliteite se finansiële jaar. Nersa sê belanghebbendes se kommentaar is oorweeg, insluitend die impak van die verhoging en Eskom se monopolie.





Comments