top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom skort beurtkrag op

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 2, 2025
1 min read

Eskom het Sondag aangekondig dat hy beurtkrag opgeskort het weens die voldoende aanvulling van noodreserwes. Die kragvoorsiener se voorsitter, Mteto Nyati, sê daar behoort nie meer aanhoudende stroomonderbrekings vorentoe te wees nie. Nyati sê die primêre doelwit van beurtkrag hierdie naweek was om reserwes op te bou nadat ses eenhede die afgelope paar dae onklaar geraak het. Eskom sê hy sal opdaterings verskaf indien enige beduidende veranderinge plaasvind.

 
 
 

Comments


bottom of page