top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom sny dieselverbruik met 77%

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 9, 2024
1 min read

Eskom sê hy het verlede week nie een keer nodig gehad om sy eenhede wat met diesel aangedryf word, vir kragopwekking in te span nie. Dié kragstasies is veronderstel om slegs gebruik te word wanneer die ander nie genoeg krag kan opwek nie. Luidens ‘n verklaring het die kragverskaffer sedert begin April tot en met die afgelope Vrydag R3,6 miljard aan diesel bestee.  Dit is 77% minder as verlede jaar se R15,7 miljard. Suid-Afrika is nou reeds meer as 160 dae vry van enige beurtkrag.

 
 
 

Comments


bottom of page