top of page

Eskom soek dalk alternatiewe befondsing

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 20
  • 1 min read

Die bepalings verbonde aan die meer as 13-miljard Amerikaanse dollar in befondsing wat Westerse moondhede belowe het om Eskom te help dekarboniseer, is nie aantreklik genoeg nie.


Dit volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa.


Die International Partners Group se befondsingspakket is daarop gemik om Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang te ondersteun.


Volgens News24 sê Ramokgopa dat min vordering gemaak is met die toegang tot die geld.


Hy sê dit mag meer die moeite werd wees vir Eskom om befondsing van die effektemark of kommersiële banke te soek, waar koerse gunstiger is.


Ter illustrasie. FOTO: Bizzcom
Ter illustrasie. FOTO: Bizzcom

Comments


bottom of page