top of page

Eskom sê beurtkrag behoort net nog ’n week te duur

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Eskom het vroeër aangekondig dat fase 3 na fase 6-beurtkrag verhoog is, maar na ’n mediakonferensie op Sondag verduidelik dat dit behoort net vir ’n week te wees. Volgens die media-inligtingsessie het Eskom-bestuur verduidelik dat hul plan om beurtkrag te vermy werk, maar dat onvoorsiene omstandighede by stasies wat onklaar geraak het, hulle onkant gevang het. Eskom sal wel beter beheer neem oor die toestande wat die breke veroorsaak het, maar herstelwerk duur voort, wat voortdurend meer elektrisiteit beskikbaar maak. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa beweer beurtkrag behoort teen die einde van die week iets van die verlede te wees, met beter weerstand teen onvoorsiene omstandighede.

 
 
 

Comments


bottom of page