top of page

Eskom sê hy is gerat vir ekonomiese bedrywighede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 13
  • 1 min read

Eskom sê hy is gereed om in die groter vraag na elektrisiteit te voorsien wat eersdaags verwag word. Dit is te midde van verhoogde ekonomiese bedrywighede die komende weke namate bedrywe hul werksaamhede ná die Desember-vakansie hervat.


SABC-nuus berig Eskom se groephoof vir opwekking, Eric Shunmagum, sê die maatskappy skop 2026 af met 'n reserwe van 4 400 megawatt en 'n elektrisiteits-beskikbaarheidsfaktor van 65% teenoor 56% die vorige jaar.


Shunmagum sê Eskom het ook 'n redelike steenkoolreserwe.


FOTO: Biznews
FOTO: Biznews

Comments


bottom of page