top of page

Eskom verwag geen beurtkrag vir die somer nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Eskom se uitvoerende groephoof, Dan Marokane, daar sal geen beurtkrag tydens die somer wees tensy 15 000 MW of meer se opwekkingsvermoë onbeskikbaar raak nie.

Eskom het dié aankondiging Vrydag tydens ’n voorlegging van sy somervooruitsig gemaak.

Marokane sê dit is nie net te danke aan die volgehoue verbeterde prestasie van die nutsmaatskappy se kragsentrales nie, maar ook omdat beplande instandhouding vir die somer “slegs” 7,9 GW sal beloop.

Dit bied Eskom ‘n bykomende buffer van 2 000MW vir onbeplande kragonderbrekings voordat beurtkrag oorweeg moet word.

Netwerk24 berig die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê hulle is baie optimisties oor die vooruitsigte vir kragverskaffing die volgende paar maande.

 
 
 

Comments


bottom of page