top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom verwag 'n beurtkragvrye winter

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Eskom het die parlement ingelig dat geen beurtkrag vir die komende winter verwag word nie.


Die kragvoorsiener het tydens ’n voorlegging aan die Portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie gesê sy beplanning is gegrond op ’n onverwagte kapasiteitsverlies van 12 000 mW. Eskom het ook meer as 60 % van sy sleutelprestasie-aanwysers vir die finansiële jaar bereik.


Die voorsitter van die raad, Mteto Nyati, sê die land het reeds 341 dae sonder beurtkrag gegaan, terwyl dieselbesteding met 62 % verminder is, wat sowat R10 miljard bespaar het.


FOTO: News24
FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page