Eskom werk aan ʼn plan om lasvermindering te stop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 3, 2025
- 1 min read
Eskom sê dit mik om lasvermindering teen 2027 te beëindig. Die energieverskaffer sê dit sal gebeur deur ’n nuwe strategie wat die verspreidingsnetwerk sal versterk en die stelsel met slim-meters en digitale tegnologie sal moderniseer.
Dit volg ná die onlangse instelling van gefaseerde kragonderbrekings in dele van Johannesburg weens onwettige verbindings, vandalisme en slegte weer. Meer as ’n miljoen slim-meters is reeds geïnstalleer.
ʼn Woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die plan kan huishoudings se elektrisiteitskoste verlig.





Comments