EU se nuwe grensstelsel veroorsaak lang wagtye
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Reisigers buite die Europese Unie (EU) wat by die Berlynse lughawe aankom, staar lang toue in die gesig onder dié unie se nuwe digitale grens-stelsel.
BBC berig volgens die lughawehoof, Aletta von Massenbach, wag passasiers tot twee ure by ‘n terminaal wat deur Ryanair en Wizz Air gebruik word. Sy waarsku dat die vertragings onvolhoubaar is gedurende die besige somerreisseisoen.
Die Toegangs- en Uitgangsstelsel, wat in April ingestel is, vereis dat reisigers van buite die EU biometriese inligting registreer wanneer hulle die meeste Europese lande binnekom.
Terwyl die stelsel daarop gemik is om grenssekuriteit te verbeter en reis te bespoedig, sê lughawens en lugdienste dat dit aansienlike vertragings veroorsaak.
Die Europese Kommissie het intussen bykomende ondersteuning aangebied.








Comments