top of page

Eunice se onderhoofmeisie wen Matrikulant van die jaar

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 16
  • 1 min read

Die onderhoofmeisie van die Eunice Hoërskool in Bloemfontein, Kiara Subramanian, is tydens 'n gala-geleentheid as die Matrikulant van die Jaar aangewys.


Bloemnuus berig Kiara, wat volgende jaar medisyne aan die Universiteit van die Vrystaat wil studeer, sê sy voel dankbaar vir die eer wat haar te beurt geval het.


Sy volg in die voetspore van 43 ander matrikulante wat oor die jare die toekenning gewen het.


Onder die 14 finaliste wat van alle uithoeke van Suid-Afrika in Bloemfontein vir die finale beoordeling bymekaar gekom het was nog twee Bloem-leerders - Christiaan Kotze van Hoërskool Fichardtpark en Amoné Verwey van Hoërskool Jim Fouché.


Die drie Bloem-finaliste van links Kiara Subramanian (wenner), Christiaan Kotze (Hoërskool Fichardtpark) en Amoné Verwey (Hoërskool Jim Fouché). FOTO: Lientjie Mentz / Bloemnuus
Die drie Bloem-finaliste van links Kiara Subramanian (wenner), Christiaan Kotze (Hoërskool Fichardtpark) en Amoné Verwey (Hoërskool Jim Fouché). FOTO: Lientjie Mentz / Bloemnuus

Comments


bottom of page