top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eunice-skoolkoor deur na ATKV-finaal

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 3, 2025
1 min read

Die Vitae Cantamus-koor van die Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein is gekies om aan die finale ronde van die ATKV-APPLOUS-koorkompetisie deel te neem.

Dié koor is die enigste Bloemfonteinse koor wat na die finale ronde genooi is.

Hulle het die afgelope twee jaar telkens tweede in die "Prestige"-kategorie vir hoërskoolkore geëindig.

Hul optrede sal op 2 Augustus in Pretoria plaasvind.

Koordirigent Retha Visser sê die koor is reeds in 2010 gestig, so hulle bou op jare se saam oefen en saam sing.

LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page