top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eurolab wen hul hofstryd oor kankerbehandeling

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 6, 2025
1 min read

Die plaaslike farmaseutiese maatskappy Eurolab het ’n hofsaak teen die Universiteit van Kalifornië en die Japanse maatskappy Astellas oor die patent van ’n kankerbehandeling gewen. City Press berig Regter André le Grange het op 25 Februarie beslis Eurolab se middel, Enzutix, mag teeds vir bekostigbare kankerbehandeling in Suid-Afrika beskikbaar bly. Die hof het die aansoek van die universiteit en Astellas van die hand gewys en hulle verbied om verdere regsaksies teen Eurolab te neem. Eurolab se uitvoerende hoof, Lynne du Toit, sê die uitspraak is ’n oorwinning vir kankerpasiënte in Suid-Afrika, omdat dit beteken hulle sal steeds toegang tot bekostigbare medikasie hê.

 
 
 

Comments


bottom of page