Ezemvelo skenk 20 renosters aan Botswana

2 hours ago
1 min read
Ezemvelo KZN Wildlife het 20 swartrenosters, wat kritiek bedreig is, aan ’n privaatreservaat in Botswana geskenk.
Die diere is na die Deception Valley-privaatreservaat verskuif as deel van die Black Rhino Range Expansion Project, ’n vennootskap tussen Ezemvelo en die World Wide Fund for Nature (WWF).
Die renosters is sowat agt weke gelede in sewe wildreservate in Suid-Afrika gevang.
Die groepering van die diere sal die nuwe bevolking ’n beter kans gee om te vestig, voort te plant en uit te brei.
Volgens Ezemvelo se woordvoerder, Ayanda Dube, verteenwoordig die verskuiwing na Botswana die 18de nuwe swartrenosterpopulasie wat deur middel van die projek gevestig is sedert dit in 2003 begin het.







Comments