top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Fadiel Adams is in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die polisie het die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, Dinsdag gearresteer. Dit is nadat hy aan eNCA gesê het hy sal homself Woensdag by ’n polisiestasie oorgee.


Adams is in verband met bewerings van bedrog en regsverydeling gearresteer. Hy word daarvan beskuldig dat hy ingemeng het met ondersoeke na die moord op die voormalige ANC Jeugliga-leier, Sindiso Magaqa.


Adams het vroeër aan eNCA gesê dat die lasbrief ’n intimidasietaktiek is. Hy sê dit hou verband met sy onlangse vrae oor die voortgesette ampstermyn van die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo.



Fadiel Adams. FOTO: Instagram
Fadiel Adams. FOTO: Instagram

 
 
 

Comments


bottom of page