top of page

Familie van Mangaung-gevangene eis antwoorde oor sy dood

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 7
  • 1 min read

Die familie van die oorlede Mpho Mkhumbeni, wat ’n gevangene by die G4S-beheerde Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein was, eis steeds antwoorde. Hy is verlede maand by die fasiliteit oorlede ná hy glo deur werkernemers by die sentrum aangerand is. Volgens SABC News is die gesin aanvanklik meegedeel dat hy weens 'n asma-aanval oorlede is, maar ’n lykskouingsverslag het bevestig dat hy doodgeslaan is. Die polisie sê die geregtelike doodsondersoek wat geopen is, is na 'n moordondersoek verander, maar dat niemand nog in hegtenis geneem is nie. Mkhumbeni se broer sê die familie wil graag sien dat die polisie optree en die oortreders in hegtenis neem, waarna die familie glo dan regstappe sal neem.

 
 
 

Comments


bottom of page