top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Familie van Vrystaatse vlieënier vermoed onraad

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 16, 2025
1 min read

Die familie van ‘n Vrystater wat in ‘n vliegongeluk in Tsjad ooorlede is, bespiegel dat die vliegtuig moontlik neergeskiet is. Volgens Netwerk24 is die 35-jarige CB van Eeden ‘n vlieënier van Bothatville wat vir African Parks se anti-wilddiefstaleenheid in Tsjad gewerk het. Die tweesitplek vliegtuig wat Donderdag neergestort het was deel van ‘n renosterbewakingsending. Volgens Van Eeden se familie het hulle nie meer inligting oor wat gebeur het nie, maar vermoed onraad aangesien hy altyd gepraat het oor hoe gevaarlik die werk is. Stropery is ‘n groot probleem in die Zakouma Nasionale Park. Die ongeluk word tans ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page