Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheid in die werkplek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 29
- 1 min read
Die vakbondfederasie Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheidsmaatreëls om werkers te beskerm.
Die oproep volg op die dood van twee werkers by die Impala Platinum-myn en een werker by Valtera Platinum se Tumela-myn.
Die federasie sê werkers moet nie werk toe gaan en hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor nie.
Fedusa voeg by beroepsgesondheid en -veiligheid moet geprioritiseer word om te verseker dat alle werkers veilig huis toe terugkeer.








Comments