Fedusa vra rekenskap oor Gems
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die vakbond Fedusa doen ’n beroep op sterker toesig en aanspreeklikheid in die bestuur van die Mediese Skema vir Staatsamptenare, Gems.
Dit volg te midde van toenemende finansiële druk nadat die skema na bewering miljarde rand meer in eise uitbetaal het as wat in bydraes ontvang is.
Fedusa sê hoewel sulke tekorte nie ongewoon is nie, moet die bestuur en raad steeds verantwoordelik gehou word om deursigtigheid en doeltreffende bestuur te verseker.
Die vakbond waarsku dat lede nie die finansiële las van die uitdagings moet dra nie, en stel voor dat voordele hersien word om die skema se langtermynvolhoubaarheid te beskerm.








Comments