top of page

Fentanyl is ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 13, 2024
  • 1 min read

Onlangse dwelmtoetse wat by klinieke in die Oos-Kaap en Kwazulu Natal gedoen is, het gevind dat Suid-Afrikaners positief vir Fentanyl toets. Primedia berig Fentanyl 'n laboratoriumvervaardigde opioïedmiddel wat tot 30 keer sterker as heroïen is. Die sintetiese opioïed dring nou Suid-Afrika se onwettinge dwelmmark binne. TB-pasiente is vroeër die week deur Ground Up getoets, van die 100 pasiente het 60 vir onwettige dwelms en 32 positief vir Fentanyl getoets. Wat nog meer kommerwekkend is, is volgens Uitvoerende Direkteur van Harm Reduction International, Shaun Shelley, die feit dat mense nie noodwendig weet dat hulle die opioïed in neem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page