Ferg’n Son tree binnekort op
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 6, 2025
- 1 min read
Die pa-en-seun-duo, Ferg’n Son - wat bestaan uit die Ierse-musikant, Fergie Ferguson van die rockgroep Ballyhoo, en sy seun Michael - tree binnekort in Suid-Afrika op.
Maroela Media berig die duo gaan die Oos- en Wes-kaap met hul It’s in the Blood-toer plat reis.
Hulle kombineer pop-, rock- en country musiek met klassieke treffers om ‘n reis oor alle musiek genres te onderneem.
Fergie was reeds op die ouderdom van 18 ʼn professionele kunstenaar en het in die vroeë sewentigs na Suid-Afrika gekom.
Hy het later die stigerslid van Ballyhoo geword, waarna “Man on the Moon” hulle in 1981 tot boaan trefferlyste geneem het.
Fergie woon tans in die Noordwes en bestuur sy ateljee vanuit Hartbeespoortdam.







Comments