‘Feroz Khan se ontslag moet die eerste van vele wees’

Sep 3
1 min read
Die DA sê die ontslag van die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, uit die polisiediens moet die eerste van vele wees.
Khan is ontslaan nadat hy nie voor ’n interne dissiplinêre verhoor verskyn het nie.
Volgens die DA moet senior beamptes wat die wet oortree het, aanspreeklik gehou word vir hul optrede.
Die party se Lisa Schickerling sê meer as 20 senior beamptes en amptenare bly geskors.
Sy voeg by dit sluit die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die nasionale polisiekommissaris-generaal Fannie Masemola in.








Comments