Ficksburg-veediewe word gesoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 12, 2024
- 1 min read
’n Saak van moord, roof en veediefstal is by die Ficksburg-polisiestasie geopen, nadat verdagtes twee skaapwagters by ‘n erf bekend as Begrafplaas in Ficksburg, aangeval en een noodlottig gewond het. ‘n Operasie Vala uMgodi-span wat uit lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bestaan, het die inligting oor die aanval ontvang en dit onmiddellik opgevolg. Na ‘n soektog is vier-en-veertig versteekte skape in ‘n kloof gevind. Die span het die vee aan hulle wettige eienaar terug besorg. ‘n Saak van moord duur voort en die polisie vra dat enige iemand wat inligting het wat tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei vorendag moet kom.







Comments