FIETSRY: Belg wen sy eerste skof van die Tour de France
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
Die Belg Tim Wellens het sy eerste skofoorwinning in vanjaar se Tour de France vermag. Hy voeg dit by sy twee skofoorwinnings in die Giro d'Italia en twee in die Vuelta a Espana.
Hy het Sondag se 15de heuwelagtige skof oor 169,3 km tussen Muret en Carcassonne in 'n tyd van 3 uur 34 minute en 9 sekondes gewen.
Wellens, België se nasionale kampioen, is die 113de jaer wat skofte in al drie toere kon wen, slegs 'n paar maande nadat sy landgenoot Wout van Aert die 112de jaer geword het wat dit ook vermag het.
Nog 'n Belg, Victor Campenaerts, was gister 1:28 agter Wellens tweede met die Fransman Julian Alaphilippe derde, 1:36 agter Wellens.
Dit is Dinsdag die Tour de France se tweede rusdag.






Comments