FIETSRY: Chris Froome breek sy sleutelbeen in laaste skof van UAE Tour-ren
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 25, 2025
- 1 min read
Die Britse fietsryer Chris Froom se seisoen is in gedrang na hy Sondag sy sleutelbeen gebreek het gedurende die laaste skof van die UAE Tour-ren. Luidens ‘n verklaring van Froome se Israel-Premier Tech-span het skanderings ‘n fraktuur in sy regter sleutelbeen bevestig en sal deur ‘n ortopediese chirurg ondersoek word om vas te stel of ‘n operasie sal nodig wees. Die 39-jarige Froome is waarskynlik besig met sy laaste seisoen en spog met vier Tour de France- , twee Vuelta a Espana- en een Giro d’Italia-titel-oorwinnings.






Comments