top of page

FIETSRY: Die 16de skof in vanjaar se Tour de France lewer sy eerste plaaslike wenner op

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Die 16de skof in vanjaar se Tour de France fietsren het sy heel eerste plaaslike wenner opgelewer toe Valentin Paret-Peintre in die uitmergelende hitte koelkop gebly het om eerste die 171.5 km skof tussen Montpelier en Mont Ventoux te voltooi het. Die Fransman en Ben Healy van Ierland se tye was presies gelyk op die stophorlosie: 04h 03' 19'' maar aangesien Paret-Peintre die bergskof gewen het, het hy 10 bonuspunte ingesamel terwyl Healy en Santiago Buitrago van Colombië wat derde was ook bonuspunte verdien het. Die verdedigende kampioen Tadej Pogacar is steeds die algehele voorloper en spog nou met ’n voorsprong van + 00h 04' 15'' oor sy Deense teenstander Jonas Vingegaard terwyl die Duitser Florian Lipowitz aan die derde plek vasklou net meer as nege minute agter Pogacar. Woensdag se 17de skof strek oor 160.4 km tussen Bollène en Valence en alhoewel erge wind voorspel word sal dit steeds die naelryers bevoordeel. Die Tour eindig Sondag in Parys.

 
 
 

Comments


bottom of page