FIETSRY: Die Aussie Ben O’Connor wys sy klimvernuf in die 18de skof van die Tour de France
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 25
- 1 min read
Die Australiër Ben O’Connor het gewys dat hy een van die beste klimmers in die wêreld is toe hy die 18de skof van die Tour de France gewen het. O’Connor het ’n spogvertoning oor drie bergspitse gelewer oor die 171.5km tussen Vif en Col de la Loze toe hy 16 km van die eindstreep weggebreek het om in ’n tyd van 05:03:47 te wen. Die geeltrui draer Tadej Pogacar was in die tweede plek terwyl die 2022 en 2023 wenner Jonas Vingegaard nog steeds in sy nek blaas waar hy derde geëindig het. *Vrydag se 19de skof sluit vyf bergspitse in tussen Albertsville en La Plaigne en strek ook 129.9 km met klimwerk van 4550 m.





Comments