FIETSRY: Pogacar dra weer die geeltrui in die Tour de France
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Tadej Pogacar het ʼn indrukwekkende oorwinning in die 12de skof van die Tour de France behaal om weer die geel trui te dra. Die driemalige Tour-wenner het twee minute en 10 sekondes voor die Deen Jonas Vingegaard geëindig. Volgens Maroela Media het Ben Healy van Ierland, wat Donderdag met die geel trui begin het, 13 minute ingeboet. Die skof oor 180,6 km in bergagtige gebied het op die Hautacam-berg in die Pireneë geëindig. Pogacar is nou die algehele voorloper met drie minute en 31 sekondes voor die Visma-ryer Vingegaard, terwyl die Olimpiese kampioen Remco Evenepoel derde is met ʼn verdere vier minute 45 sekondes verder.






Comments