FIETSRY: Yates wen sy eerste Giro d’Italia
- Armando Pieters

- Jun 2
- 1 min read
Die Brit Simon Yates het die grootste oorwinning van sy loopbaan tot dusver behaal toe hy die gesogte Giro d’Italia titel verower het. Yates het die laaste skof oor 143 km in en om Rome eerste oor die eindstreep gery. Saterdag het hy ook vir eerste keer die nuwe draer van die pienk trui geword toe hy die bergklim-skof in die Italiaanse Alpe sy eie kon maak. Yates was ook die eerste fietsryer in 10 jaar om die Giro te wen sonder dat hy eie enige skof kon inpalm. Die Spanjaard Alberto Contador het diè besonderse prestasie laas in 2015 vermag. Onder die Suid-Afrikaners het Louis Meintjies die beste gevaar en algeheel 18de geëindig.





Comments