top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Finansiering van die Padongelukkefonds word hersien

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 2
  • 1 min read

Die Departement van Vervoer en die Padongelukkefonds (POF) het saam 'n formele hersiening van die POF se finansieringsraamwerk begin. Dit kom terwyl die regering moontlike veranderinge oorweeg aan die manier waarop die POF befonds word.


IOL berig die POF word tans hoofsaaklik gefinansier deur 'n heffing op elke liter petrol en diesel wat in Suid-Afrika verkoop word. Hierdie heffing dra by tot uitbetalings aan slagoffers van padongelukke.


Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die hersiening sluit in die ondersoek na moontlike alternatiewe en aanvullende finansieringsopsies. Sy sê die hersiening word gelei deur 'n formele sakeplan en is nog in die vroeë stadiums, met geen finale besluit oor 'n nuwe finansieringsmodel wat nog geneem is nie.


Sy het bygevoeg dat enige voorgestelde model so ontwerp moet word dat dit billik, volhoubaar en geskik is vir die Suid-Afrikaanse konteks.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page