Finansiële druk tref vroue die swaarste
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Vroue in Suid-Afrika ervaar steeds meer finansiële stres as mans.
'n DebtBusters-opname het volgens Eyewitness News getoon dat vroue tussen 10% en 15% meer finansiële stres as mans ervaar.
Hoewel die algehele aantal mense wat finansiële angs ervaar effens afgeneem het, tob vroue steeds meer oor hul geldsake.
Die opname het ook bevind dat meer as 72% van middelinkomsteverbruikers finansiële angs ervaar.
Die finansiële joernalis Maya Fisher-French sê vroue verdien dikwels minder as mans, dra groter verantwoordelikheid vir kinders en ondersteun ook dikwels bejaarde familielede.
Sy sê stygende lewenskoste en skuld plaas huishoudings steeds onder groot finansiële druk.








Comments