Floyd Shivambu kry finaal die trekpas uit die MKP
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
Die MKP het finaal sy voormalige sekretaris-generaal, Floyd Shivambu, uit die party geskop. Dit is Vrydag deur die MKP-voorsitter, Nathi Nhleko, bevestig.
Netwerk24 berig Nhleko sê Shivambu het buite die grense van die MKP opgetree nadat hy onlangs die selferkende profeet Shepherd Bushiri in Malawi besoek het. Bushiri word in Suid-Afrika in verband met verskeie misdade gesoek.
Intussen het Shivambu ook verskeie uitlatings gemaak, soos dat die MKP 'n familiebesigheid is.






Comments