FlySafair land onverwags in Bloem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 13, 2025
- 1 min read
Wat bedoel was om 'n roetinevlug van Johannesburg na Kaapstad te wees, het onlangs 'n onverwagte wending geneem, toe 'n FlySafair-passasier glo die vlug begin ontwrig het. Die vlug wat vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek het, is volgens Cape Town Etc gedwing om 'n ongeskeduleerde draai na Bloemfontein te maak nadat 'n passasier glo beide die bemanning en medereisigers senuagtig gelaat het. Volgens 'n plasing wat op die Facebook-groep FlyAfrica gedeel is, het die passasier glo so 'n opskudding veroorsaak dat sommige mede-passasiers moes inspring om hom in toom te hou sodat die vliegtuig veilig in Bloemfontein kon land.







Comments