top of page

FlySafair se kajuitpersoneel staak oor betaling en werkskedules

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 4
  • 1 min read

FlySafair se kajuitbemanning het hul gereedskap neergelê.


SABC News berig die stakende werkers wat die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningvereniging verteenwoordig, eis hoër lone en die hersiening van die rooster.


Volgens FlySafair verwag hulle geen ontwrigtings in hul vlugskedule nie.


Die lugredery sê ook dat meer as twee derdes van hul kajuitbemanning hulle daartoe verbind het om aan te hou werk.


Dit sluit nie-vakbondlede en vakbondlede in wat formeel die maatskappy se 5.7% loonverhogingsaanbod aanvaar het. 


FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê hulle kon nog nie tot 'n ooreenkoms kom nie.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page