FlySafair se skeduleverandering kan Bloemfonteiners se reise beinvloed
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 17, 2025
- 1 min read
Bloemfonteiners wat van FlySafair gebruik maak se reise mag dalk beinvloed word deur die lugredery se herskudulering van verskeie vlugte. Geselekteerde vlugte van 22 tot 28 Julie sal moontlik geskuif word. BusinessTech berig die herskudulering volg na Solidariteit aangekondig het dat vlieëniers glo sal staak oor die loongeskil, met die meerderheid van die vakbond se lede wat 'n 5.7%-loonverhoging en bykomende vergoeding verwerp. FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, het aan BusinessTech gesê dat hulle hierdie skeduleveranderinge proaktief as 'n voorsorgmaatreël aanbring. Kliënte wie se vlugtye geraak word, sal gekontak word. Aksies by die lugredery is dalk nie net tot die vlieëniers beperk nie, aangesien hulle ook in 'n aparte salarisonderhandeling met hul kajuitbemanning vasgevang is, wat moontlik tot 'n verdere geskil kan lei.






Comments