FlySafair se staking duur vir nog 'n week voort
- Armando Pieters

- Jul 28
- 1 min read
Die oorgrote meerderheid van van FlySafair se vlieëniers, wat ʼn lid is van Solidariteit, het die lugvaartmaatskappy se finale aanbod verwerp en ingestem om die staking voort te sit.
Maroela Media berig slegs 9,6% van vlieëniers het die lugvaartmaatskappy se aanbod Sondag aanvaar.
Die vakbond en die lugredery het Woensdag begin onderhandel. Die geskil gaan om salarisverhogings, en veral ʼn nuwe roosterstelsel wat onlangs deur die werkgewer ingestel is en vlieëniers se werksomstandighede ingrypend verander het.
FlySafair se vlugte sal na verwagting vandag vir ʼn tweede week minder en vertraag wees aangesien die lugvaartmaatskappy tans ʼn vlugkapasiteit van 40% het.





Comments