FlySafair-vlieëniers dreig met ‘n staking
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16, 2025
- 1 min read
Onderhandelinge tussen Solidariteit en FlySafair oor verbeterde diensvoorwaardes vir die maatskappy se vlieëniers het ná drie maande op ’n dooiepunt uitgeloop. Nuutsflits berig die finale aanbod van FlySafair – ’n salarisverhoging van 5,7% tesame met enkele addisionele aanpassings aan vergoeding – is deur die oorgrote meerderheid Solidariteit-lede verwerp. Volgens die adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, Helgard Cronjé, is die verwerping nie slegs aan die inhoud van die aanbod te wyte nie, maar veral aan die uiters gespanne verhouding tussen die vlieëniers en FlySafair se bestuur. ’n Verdere struikelblokke in die salarisonderhandelinge was die maatskappy se nuwe beleid oor verlof- en afdae. Vlieëniers is van mening dat dié beleide hul lewensgehalte benadeel en dat dit ongunstig is en nie aan die minimum verwagtinge voldoen nie.






Comments