top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FlySafair wil keer dat internasionale vlugte stop

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2024
1 min read

FlySafair het ‘n dringende aansoek geloods om te keer dat die Suid-Afrikaanse vertakking van die International Air Services Council (IASC) hulle internasionale vlugte stop. Nuusflits berig die lugredery is in die moeilikheid na daar bevind is dat hulle aandeelhoudingstruktuur nie aan wetgewing oor plaaslike eienaaskap voldoen nie. Die Ierse ASL Aviation Holdings besit omtrent 74.86% van FlySafair, terwyl dit eintlik net 25% mag besit. IASC wil sanksies teen FlySafair instel, wat kan veroorsaak dat FlySafair hulle lisensie verloor of boetes moet betaal. Die plan is ook om internasionale vlugte te grond, maar FlySafair het aansoek gedoen om die besluit te keer.

 
 
 

Comments


bottom of page