top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FlySafair word na die verbruikerstribunaal verwys oor klagtes van oorbespreking

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 21
  • 1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het FlySafair na die nasionale verbruikerstribunaal verwys oor beweerde oortredings van die Wet op Verbruikersbeskerming.


Maroela Media berig dit kom ná ʼn ondersoek wat die NVK van stapel gestuur het, nadat kommer op sosiale media ontstaan het oor bewerings dat FlySafair-vlugte oorbespreek word en dat te veel kaartjies verkoop word. Die saak het aandag getrek, nadat ʼn verbruiker glo ʼn kaartjie gekoop het maar by aankoms meegedeel is dat geen sitplek beskikbaar is nie omdat die vlug oorbespreek was. Volgens die NVK het verskeie ander verbruikers soortgelyke klagtes oor die lugredery ingedien.


Die lugredery het ook glo in die openbaar erken dat oorbespreking deel van sy sakepraktyke vorm.


Die NVK sê sy ondersoek het bevind dat FlySafair se optrede verskeie bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming oortree het.


Die NVK het nie in die verklaring aangedui wanneer die tribunaal die saak sal aanhoor nie.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page