top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FlySafair word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9, 2025
1 min read

FlySafair word deur Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) vir beweerde ongerymdhede met betrekking tot vlugbesprekings ondersoek. Die kommissie sê hy het met kommer kennis geneem van bewerings in die media, asook op sosialemedia platforms, dat FlySafair meer vlugkaartjies verkoop as wat daar plek op die vliegtuig is. Volgens Maroela Media gaan die kommissie nou ondersoek instel of die lugredery die bepalings van die Verbruikersbeskermingswet oortree het. Die NVK het reeds met die lugredery in verbinding getree en die inligting aangevra wat nodig is om die ondersoek af te skop. Gegewe die aard van die klagtes sal die NVK hierdie ondersoek prioritiseer.

 
 
 

Comments


bottom of page