Fokus verskuif na ‘n nuwe OBK-direksie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 28
- 1 min read
In plaas daarvan om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se bestuurskwessies tydens 'n aandeelhouersvergadering aan te spreek, gaan die regering nou daarop fokus om 'n nuwe direksie aan te stel.
Eyewitness News berig die vergadering is gekanselleer nadat verskeie nie-uitvoerende direkteure bedank het en die direksie nie meer genoeg lede het om die proses voort te sit nie.
Minister van Finansies Enoch Godongwana sal na verwagting vandeesweek 'n lys benoemings vir Kabinetsgoedkeuring voorlê.
Die nuwe direksie moet help om toesig by die OBK te herstel.
Die instelling bestuur meer as R3 biljoen se bates, insluitend die aftreespaargeld van miljoene staatsamptenare.








Comments